Meer oor ons

Orania is ‘n selfstandige gemeenskap waarin Afrikaners

na mekaar se belange omsien.

Orania is ‘n selfstandige gemeenskap waarin Afrikaners na mekaar se belange omsien.

Diegene wat oor die vermoë en middele beskik, help andere wat in nood verkeer.

Die hulp wat verleen word, het altyd ten doel om mense te help om hulself te help, en nooit om afhanklikheid te kweek nie. Op hierdie wyse word mense nie net opgehef nie, maar word die samelewing ook uitgebou tot ‘n veerkragtige gemeenskap wat self verantwoordelikheid vir groei en ontwikkeling aanvaar.

Orania Helpmekaar skep geleenthede om op ‘n gestruktureerde wyse maatskaplike ondersteuning aan die inwoners van Orania te lewer. In samewerking met kerke en ander toepaslike instansies verseker Helpmekaar dat geen gesin onnodig in emosionele, materiële, opvoedkundige of fisieke nood verkeer nie.  

Alle hulp word met groot omsigtigheid deur gekwalifiseerde maatskaplike werkers en bekwame beraders gelewer. Deeglike assessering van die omstandighede van ‘n persoon is byvoorbeeld ‘n absolute voorvereiste om te verseker dat die regte persoon gehelp word en dat hulle dan wel die korrekte, toepaslike hulp ontvang. 

Helpmekaar is, wat die befondsing vir sy werksaamhede betref, geheel en al van die ondersteuning van die gemeenskap afhanklik. Geen staatsondersteuning word ontvang nie. Gelukkig kon Helpmekaar tot op hede, vanweë die aktiewe steun van in- en uitwoners, soos blyk uit die verslag, waardevolle insette op vele terreine lewer. Hierdie hulp maak van Orania ‘n voorbeeld vir ander gemeenskappe deurdat bewys gelewer word van hoe ‘n gemeenskap self verantwoordelikheid vir sy swak en weerlose inwoners aanvaar.

Personeel

Janca Pieterse

Maatskaplike werker

Nadia Kuit

Maatskaplike Werkster

Heidi Smit

Berader en terapeut

Yolandé Swanepoel

Administratiewe beampte

Rentia Kruger

Bestuurder: Die Trommel