Gemeenskapsontwikkelingsmodel
Kinderbeskerming
Orania Helpmekaar is ‘n erkende Kinderbeskermingsorgan
Orania Helpmekaar neem op die 25ste Julie 2024 kennis dat statutêre magte na byna vier jaar se aktiewe aansoekproses toegestaan is.
- Magte wat spesifiek aan maatskaplike organisasies (wat aansoek gedoen het en aan die vereistes voldoen) toegestaan word deur die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling. Hierdie organisasie staan bekend as ʹn Kinderbeskerming Organisasie (KBO).
- Die magte behels dat die gekwalifiseerde en geregistreerde maatskaplike werker van die KBO as ʹn beampte van die hof in die spesifieke jurisdiksie optree.
- Prakties behels dit om kinders wat blyk om in gevaar te wees wettig te verwyder en voorkomingsdienste met ‘n hofbevel te laat afdwing
Ons beskerm kinders só:

Voorkoming van mishandeling, verwaarlosing en uitbuiting, asook onvoldoende toesig oor kinders.

Identifiseer en verskaf voorkomings- en vroeë ingrypingsprogramme aan gesinne.

Identifiseer kinders en gesinne wat reeds aan mishandeling blootgestel is.

Psigo-sosiale ondersteuning aan die gemeenskap
- Die bou en bevordering van inwoners se lewensvaardighede.
- Ontwikkeling van vaardighede van kwesbare kinders, gesinne en bejaardes.
- Sielkundige ondersteuning aan inwoners.
Versterking van ekonomiese selfstandigheid
- Begeleiding met finansiële beplanning en begrotingsbestuur.
- Ondersteuning van gesinne wat vir SASSA-toelae kwalifiseer.
- Voorsiening van bekostigbare goedere deur Die Trommel.
Opvoedkundige ondersteuning

Ons skep ‘n oplossing vir ouers
Begeleiding van ouers om by die opvoeding van hulle kinders betrokke te raak.

Ons skep ‘n toekoms vir kinders
Verseker skoolbywoning van Orania se kinders deur fasilitering van skoolsubsidies.

Ons skep hoop vir kinders
Ondersteun skole d.m.v. terapie wanneer leerlinge gedragsprobleme toon.

Bevordering van goeie gesondheid
- Bevorder ‘n gesonde leefstyl.
- Bevordering van gesonde eetgewoontes onder inwoners.
- Ondersteun inwoners met mediese behandeling waar nodig.
Verligting van materiële nood
- Voedingskema by skole vir behoeftige skoliere.
- Opheffing en ontwikkeling van vaardighede om sodoende armoede die hoof te bied.
- Voedselhulp waar nood ervaar word.
Orania Helpmekaar funksioneer nie as ‘n eiland nie.
Ons is vervleg in die gemeenskap, werk saam met die gemeenskap, aan die gemeenskap!
Gemeenskapsinstansies waarby ons betrokke is:
- Lewer bystand wanneer ‘n ondersoek gedoen word waar maatskaplike ondersteuning benodig word.
Bied bystand wanneer hulle gevalle het waar:
- Kinders betrokke is.
- Maatskaplike ondersteuning benodig word.
- Bied maatskaplike ondersteuning soos die gevalle hulself daartoe leen.
- Hou weeklikse ondersteuningsgroepe.
- Lewer bystand wanneer ‘n ondersoek gedoen word waar maatskaplike ondersteuning benodig word.
- Vir Orania om te groei tot ʼn gesonde gemeenskap is die ontwikkeling van gemeenskaps-infrastruktuur noodsaaklik. Saam bou Orania Helpmekaar en OOM aan die ʼn gesonde en volhoubare gemeenskap.
- Ons betrek die skole as deel van ‘n holistiese ondersteuning vir kinders.
- Skole skakel met ons om ‘n gebalanseerde en gesonde kindergemeenskap te bevorder.
Orania Helpmekaar fasiliteer gereeld dienste wat in Orania plaasvind, byvoorbeeld bystand met SASSA en Binnelandse Sake.
in die gemeenskap,
saam met die gemeenskap